Kanadese nasionale rugbyspan

Kanada
Unie Rugby Kanada (RC)
Bynaam(e) Canucks, Les Rouges
Embleem die Esdoringblaar
Stadion Starlight-stadion, Victoria, Brits-Columbië
Kapasiteit 25 000
Afrigter(s) Vlag van Wallis Kingsley Jones (sedert 2017)
Kaptein(s) Lucas Rumball
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Aaron Carpenter (80)[1]
Meeste toetspunte James Pritchard (607)[2]
Meeste drieë D.T.H. van der Merwe (38)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Japan Japan 9–8 Kanada Vlag van Kanada
(Osaka, Japan; 31 Januarie 1932)
Grootste oorwinning
Vlag van Kanada Kanada 69–3 Barbados Vlag van Barbados


(Bridgetown, Barbados; 24 Junie 2006)

Grootste nederlaag
Vlag van Engeland Engeland 70–0 Kanada Vlag van Kanada
(Londen, Engeland; 13 November 2004)
Wêreldbeker
Verskynings 9/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1991
Unie webwerf
www.rugby.ca

Die Kanadese nasionale rugbyspan (Engels: Canada national rugby union team; Frans: Équipe du Canada de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Kanada in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die byname Canucks en Les Rouges. Rugby word in Kanada geadministreer deur Rugby Kanada (Engels: Rugby Canada, RC; Frans: Fédération canadienne de rugby à XV) wat in 1974 gestig is. Kanada word as die derde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië en die Verenigde State) en deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Kanada is tans (April 2022) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Twee voormalige Kanadese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Kanada het in 1932 sy internasionale rugbydebuut teen Japan gemaak. Kanada het van 1987 tot 2019 aan elke rugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die Rugbywêreldbeker 1991 die kwarteindrondte gehaal. Van 2003 tot 2011 het hulle deelgeneem aan die Churchillbeker, sedertdien speel Kanada gereeld in die Stille Oseaan-nasiesbeker, waar hulle teen Fidji, Japan, Samoa, Tonga en die Verenigde State te staan kom. Sedert 2016 neem Kanada ook deel aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Chili, Uruguay en die Verenigde State.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 13 Januarie 2024.
  4. (en) "World Rugby Men's Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 13 Januarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne